Gedurende my studentedae in die vroeë negentigerjare aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat, het ek op ’n keer ’n sekere predikant gehelp om ’n troppie blesbokke op sy plaas in die Reddersburg-distrik uit te skiet. Hy het eintlik my pa gevra om hom te help. Pa was egter nie beskikbaar nie en het my by die dominee aanbeveel. Die leraar was nie té ingenome met die voorstel nie, maar omdat hy baie respek as mens en as jagter vir my pa gehad het, het hy daarby berus. Ek was natuurlik in die sewende hemel, want dit het ’n jagtog op ’n nuwe, onbekende bestemming beteken.
Hierdie uitskiet-blesbokjag het op drie agtereenvolgende Saterdae in die winter van 1993 plaasgevind. Só het die dominee my die spesifieke eerste Saterdag douvoordag by ons dorpshuis in Bloemfontein opgelaai. Ons is vort plaas toe, waar ons net ná sonsopkoms aangekom het. Gedurende die rit plaas toe het ek agter die kap van die byl gekom. Die plaas is verkoop en volgens die koopkontrak moes die blesbokke van die plaas af voordat die koopsom betaal sou word en die nuwe eienaar kon oorneem.-ooie te onderskei nie. Voeg daar-by dat Dominee ’n presiese man was wat nie enige nonsens of lamsakkigheid geduld het nie, en ek het besef dat die taak voorhande, hoewel baie opwindend, nie so eenvoudig was nie.