Ek veronderstel dat ek nie te ver verkeerd is as ek die bewering maak dat die lewe uit ’n string mylpale bestaan nie. Die eerste groot mylpaal in ons almal se lewens is uiteraard ons geboorte, want alles moet iewers begin en geboorte is sekerlik so ’n goeie vertrekpunt soos enige ander! Ná geboorte leer ons almal om te loop, eetgerei te gebruik en andersins selfstandig te funksioneer. Dit is dus ’n nimmerein-digende proses. Dieselfde kan van ons jagloopbane gesê word, alhoewel ons nie almal hier dieselfde roete volg nie.
Die eerste mylpaal in almal se jagloopbaan is die besef dat jy diep in jou binneste ’n JAGTER is. Die woord “jagter” word dikwels skeefgetrek, veral deur persone met bose agendas. Dit staan egter soos ’n paal bo water dat diegene wat hierdie beskeie poging van my lees, almal op ’n stadium die roepstem gehoor het wat ons elke jaar laat hunker na wilde plekke en wilde diere. Die Amerikaanse skrywer Robert Ruark het dit mooi opgesom in sy boek oor sy eerste jag in Oos-Afrika,. Vir Ruark was dit nie ’n roep-stem nie maar eerder ’n trompetgeskal wat die begin van sý jagloopbaan aangekondig het. Op die ou end is