Die sogenoemde groen revolusie was ’n tydperk van groot spronge in graanproduksie danksy teling, kunsmis, chemikalieë en nuwer tegnologie.
Die grootste vooruitgang was in nuwe koring- en ryskultivars wat baie hoër opbrengste gelewer het. Die beter kultivars was ook afhankliker van chemiese insette.
Sedertdien is die gebruik van insek-, swam- en onkruiddoders en kunsmissamestelling verfyn vir optimale produksie. Die koste van hierdie hulpmiddels en die