Landbouweekblad

Regte wisselbou: Ligter impak op klimaat klop ook insetkoste

Klimaatsverandering

Wisselboustelsels het nie net ’n uitwerking op bestuur, plae en siektes of die infrastruktuur of werktuie wat benodig word nie: Dit beïnvloed ook ’n boerdery se kweekhuisgasvrystellings. Ons het gesien vrystellings kan verlaag word deur kunsmis met peulplante wat stikstof bind, te vervang, en diverse wisselboustelsels wat dekgewasse en diere insluit, te gebruik.

Die landbou is uniek omdat dit een deel menslike aktiwiteite behels en twee derdes die natuur. Jy kies die saad, plant dit korrek en dan is daar ’n paar geleenthede in die seisoen om te bemes of te bespuit. Daarna moet plante deur natuurlike prosesse groei.

Ons is almal bewus van die groot invloed wat die omgewing op produksie het: Temperature wat nie te warm of te koud is nie en die regte hoeveelheid reën teen die regte verspreiding is deur die seisoen nodig. Wat minder bekend is, is die groot uitwerking wat die landbou op die omgewing het.

Boerdery is wêreldwyd die grootste grondgebruiker. Dis ook verantwoordelik vir sowat ’n kwart van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit