IN Netflix se oorspronklike Bridgerton reeks het ons koningin Charlotte (Golda Rosheuvel) as een van die ondersteunende karakters leer ken. Tog was sy nooit skaam om aandag te soek met haar uitspattige uitrustings en pittige sêgoed nie – en nou is sy eindelik die middelpunt van alle aandag in haar eie reeks.
Queen Charlotte: A Bridgerton Story gaan oor haar lewe en opgang as koningin.