Elke foongesprek met haar ma is soos ‘n emosionele slagveld vol landmyne en dreigende konflik. Sy moet ook gereeld hoor wat sy alles verkeerd doen. Dit is so erg dat sy al jare terapie moes deurmaak om met die skuldgevoelens te leer saamleef.
Familiekuiers is selde iets om na uit te sien, want sy weet al, selfs al loop sy hóé versigtig op eiers, vroeër of later gaan daar ‘n stryery uitbars.
Vir Allyson Diedricks* is enige interaksie met haar ma ‘n nagmerrie. Sy kan haar verhouding met haar ma met geen ander woord as“toksies”beskryf nie.
Haar ma, Candice* (58), kraak haar gedurig af, stel onmoontlike eise, en is pal moeilik.“In haar oë is ek altyd ‘n kind en ‘n teleurstelling,”sê Allyson, ‘n enkelma van Kaapstad.
Nadat Allyson se ouers