WISKUNDE
IN WISKUNDE sal jy onder meer leer van patrone, funksies en algebra. Soms word jy vir hierdie afdelings toegelaat om jou sakrekenaar te gebruik, maar dis baie belangrik dat jy sekere sleutelbegrippe verstaan en baasraak.
In hierdie Blitsgids leer ons jou meer oor die belangrikste begrippe in patrone, vloeidiagramme en probleemoplossing (woordsomme) wat jou sal help om suksesvol in wiskunde te wees.
PATRONE (NUMERIES EN GEOMETRIES)
Daar word onderskei tussen numeriese patrone (ook bekend as getalpatrone) en geometriese patrone (vorms, simbole of voorwerpe) wat in ’n patroon voorkom.
Patrone kan herhalend wees, byvoorbeeld simbole, prente of getalle wat