WAT IS BREUKE?
aar word van breuke gepraat wanneer iets (dit kan ’n voorwerp of getal wees) in gelyke dele opgebreek word. As jy byvoorbeeld jou verjaardagkoek met sewe maats deel, gaan jy die een koek in agt gelyke dele sny. Elke maat (en jy) sal dus ’n agtste van die koek kry. ’n Breuk is ’n deel van ’n hele (met ander woorde ’n deel van iets) en word geskryf met een getal bo-op ’n ander getal. ’n Egte breuk is altyd kleiner as 1. Daardie 1 is gelykstaande aan die geheel van wat verdeel word.