![f0078-01](https://article-imgs.scribdassets.com/9lhltw9h6oaszaoy/images/fileMI3G8RHT.jpg)
PALAWA die kameelperd waai haarself koel met ’n groot oopvouwaaier. Die sweet loop by haar voorkop af.
Paloeka die leeu kom by die Babbelboomhuis ingestap. “Goeie genugtig, dit voel of ek gaan smelt,” sê hy.
“Ja-nee kyk, ek het lank laas so warm gekry,” sê Palawa.
Bibi kom te voorskyn. Sy het ’n groot beker water by haar.
“Sjoe, Paloeka, jy lyk nie lekker nie. Is jy oukei?” vra Bibi. “Hoeveel vingers hou ek op?”
“Een, twee, drie, vier, vyf… agt?” sê Paloeka.
Bibi lyk bekommerd. “Wag, vat eers ’n sluk koue water,” sê sy en gee hom ’n glas water.
Paloeka vat ’n