Landbouweekblad

‘ ’N GRASREVOLUSIE’ 30% meer wins

Onkruidbestryding in aangeplante weiding is ’n taamlik onbekende veld omdat so min navorsing daaroor gedoen en min chemiese middels vir die bestryding van onkruide al geregistreer is. Baie nuwe grasspesies wat gevestig word, kan heeltemal verskillend op verskillende aktiewe bestanddele reageer. Sonder registrasiewerk is dit baie moeilik om aanbevelings te maak sonder dat boere die produkte op eie risiko toets.

Nuttige wenke oor die vestiging en optimale benutting van aangeplante weiding is deur kenners verskaf op ’n Brasuda-boeredag wat buite Potchefstroom gehou is. Van die inligting oor die jongste weidingsgewasse kan veeboere help om hulself te staal vir ’n volgende droogte.

Benewens kenners van dié saadmaatskappy, onder andere dr. Conrad Coetzer, direkteur, en mnr. Fanie le Roux, areabestuurder, het die ervare mnr. GD Prinsloo, sakebestuurder vir die weste by Laeveld Agrochem, voorleggings gedoen.

NOG WERK WAG

Prinsloo het gesê baie werk en registrasies is reeds oor bosindringerplante in natuurlike veldweiding gedoen. Dit is egter produkte wat spesifiek vir kruidagtige of houtagtige, meerjarige onkruide in gevestigde veld geregistreer is. “Daar moet dus met groot omsigtigheid en deeglike beplanning saam met kundiges gekyk word na die soort onkruidspesie wat in aangeplante weiding bestry moet word, asook die onttrekkingstydperk wat die aktiewe bestanddele vereis voordat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit