DIE Ekapa-myngroep, ’n mynmaatskappy in Kimberley, het hande gevat met akademici en bewaringsorganisasies in ’n grootskeepse navorsingsprojek om bestaande data oor flaminke se habitatte uit te brei.
Die maatskappy is reeds sedert 2006 by die bewaring van veral kleinflaminke betrokke, en wil onder meer vasstel op watter plase flaminke gunstige habitatte vind om moontlik te broei en floreer. Benewens Ekapa, is BirdLife