’N AMBISIEUSE projek van R4 miljard word deur boere van die Vaalharts-besproeiingskema tussen Kimberley en Vryburg beoog om elektrisiteit met ’n aantal sonplase op te wek om hulle teen Eskom-beurtkrag te staal.
Die oogmerk is om voedselproduksie te beskerm, wat tans weens die gebrekkige kragverskaffing deur Eskom gekniehalter word. Uiteindelik wil die boere heeltemal onafhanklik van Eskom word.
Mnr. Alfons Visser, bestuurslid van die Vaalharts-energiekomitee, het aan gesê samesprekings vorder fluks. Visser, ’n voormalige SA Boer van die Jaar, is die eienaar