Landbouweekblad

Oekraïne byt vas, ondanks Russiese verwoesting

KORTOM

■ Een jaar sedert die Russiese inval in Oekraïne gaan laasgenoemde se landboubedryf dapper voort met sy stryd om genoeg voedsel vir sy burgers en baie ander wêrelddele te produseer.

■ Die Russiese regering verbreek sy ooreenkoms om Oekraïne toe te laat om baie van sy opgebergde en onlangs geoeste graan en oliesade uit te voer na markte wat hiervan afhanklik is.

■ Dit kos nou dieselfde om die landmyne op een hektaar Oekraïense landbougrond op te ruim as om dieselfde hektaar grond teen sy vooroorlogse waarde te koop.

Die Oekraïense boere en inwoners het van die aakligste ervarings denkbaar beleef sedert Rusland hul land ’n jaar gelede binnegeval het. Terwyl Rusland se regstreekse en onregstreekse vyandelikhede onverpoos voortduur, bly die meeste van Oekraïne se boere vasbeslote en optimisties dat hulle hulself en hul land sal kan herstel en herbou.

Die Oekraïense landbouraad (UAC) en die Save Ukrainian Agriculture (Save UA), ’n geldinsamelings-en-bewusmakingsorganisasie, gee gereeld inligting oor hoe die land se boerderywaardeketting vaar onder die onophoudelike Russiese

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit