Landbouweekblad

Oorlog verpletter plase in Oekraïne

As Russiese troepe aan besette gebiede onttrek, lyk die patroon byna oral dieselfde: Die meeste plase en ondernemings is geplunder. Wat die Russe nie kon steel nie, het hulle vernietig. Miljoene stuks pluimvee en honderdduisende perde, varke en beeste is doodgemaak.

Sedert sowat 200 000 Russiese troepe Oekraïne op 24 Februarie 2022 binnegeval het, het die produksie van landbouprodukte aansienlik afgeneem weens verliese in die besette gebiede en sones van aktiewe militêre operasies. Die inkomste van die bevolking het ook gedaal weens die sluiting van baie besighede, en ’n wanbalans tussen vraag en aanbod het ontstaan.

Groot landboubedrywe probeer om hierdie probleem op te los deur uitvoer te verhoog, terwyl klein en mediumgroot ondernemings in moeilike omstandighede verkeer omdat hulle hulle nie maklik tot uitvoer kan wend of pryse kan verhoog nie. Verder is daar beperkte toegang tot kettingwinkels.

SKADE AAN INFRASTRUKTUUR

Sedert Oktober 2022 het die Russe met ononderbroke, grootskaalse missielaanvalle op noodsaaklike burgerlike infrastruktuur begin. Sedert 10 Oktober het hulle meer as 6 000 missiele op Oekraïense stede afgevuur en hommeltuie gebruik om kragsentrales en die kragnetwerk te beskadig. Sowat 10% van die kragopwekkingsvermoë en 60% van die noodsaaklike kraginfrastruktuur is beskadig.

Tesame met nood- en geskeduleerde kragonderbrekings oefen dit ’n regstreekse invloed op die Oekraïense ekonomie uit, veral die landbou- en voedselbedryf. Laasgenoemde sluit produksie, verwerking, opberging, kafees, restaurante, kruidenierswinkels

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter