DIE landbou het die chaos binne Eskom en Transnet behoorlik ontgeld. Daar word bereken dat sowat 1,3 miljoen hektaar landbougrond van besproeiing afhanklik is, en miljoene rande wat boere, verwerkers en landbou-ondernemings andersins aan uitbreidings of beleggings vir vooruitgang sou bestee het, moes noodgedwonge vir alternatiewe kragoplossings gebruik word.
Hoewel daar gevorder is met private deelname in die energiesektor, is daar steeds kommer oor Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, se verknogtheid aan steenkool en kernkrag te midde van internasionale druk om oor te skakel na hernubare, omgewingsvriendeliker opsies. Teen druktyd kon Suid-Afrika se vloot steenkoolkragsentrales steeds nie die mas opkom nie, en daar is berig oor vertragings om die Koeberg-kragsentrale buite Kaapstad se gebruiksduur te verleng.
Nóg bodrondes vir hernubare kragverskaffing aan Eskom is teen die einde van 2023 belowe, maar gebrekkige netwerkkapasiteit het vroeëre bieërs vir groenkragverskaffing in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap gepootjie. Dit is nie duidelik of daar al vordering is nie.
Eskom het vir die grootste deel van die jaar onder