ALMAL is meteens benoud.
Daar is ’n nuwe vorm van kunsmatig intelligente sagteware wat omtrent net so goed soos ’n mens kan skryf, word rondvertel. Jy gee dit ’n onderwerp en dit ryg binne sekondes vir jou ’n opstel uit.
Dit word ChatGPT genoem.
Onderwysers is benoud dat geen kind weer hul eie opstelle gaan skryf nie. Akademici vrees studente sal opdrifsels uit die kuberruim as hul eie opdis en plagiaat pleeg. Sangers vrees die masjien sal hul lirieke aanpas en as sy eie uitspoeg; skrywers wonder of lesers sal swig voor boeke wat geskryf is deur ’n klomp algoritmes.
In die toekoms gaan jy nooit weer weet of daardie innige liefdesbrief wat jy van jou beminde ontvang inderdaad uit hul hart kom en of dit deur ’n blikbrein geskryf is nie.
Want hoe moet jy weet wat