KONSULTANTE en installeerders van alternatiewe energieoplossings kan nie voorbly met dringende versoeke om hulp nie sedert Eskom vroeër fase 6-beurtkrag begin instel het.
Kragopwekkers is die enigste onmiddellike oplossing vir boere wat besproeiingspompe, koelkamers, paklyne of melkstalle staande moet hou te midde van ontydige beurtkrag wat deesdae dikwels meer as