Landbouweekblad

Kies reg en woeker met sonkrag

KORTOM

■ Hernubare energie word by die dag ’n aantrekliker opsie vir boerderye.

■ Boere moet verskeie faktore in ag neem wanneer hulle ’n son- of ander hernubare kragstelsel kies.

■ Kies jou diensverskaffer baie versigtig en oordeelkundig.

Suid-Afrika het in die eerste vyf maande vanjaar sonpanele ter waarde van nagenoeg R2,2 miljard ingevoer, volgens data van Reuters. Dit kan ongeveer 500 MW se opwekkingskapasiteit lewer tydens optimale opwekking.

Wanneer al dié sonpanele geïnstalleer is, kan dit Suid-Afrika se bestaande kleinskaalse opwekkingsvermoë van 2,1 GW met bykans ’n kwart verhoog. Daarmee sal gewone Suid-Afrikaners meer sonkrag opwek as wat die staat oor die afgelope dekade by die netwerk gevoeg het.

Boere laat nie op hulle wag wat hernubare kraginstallering op plase betref nie. Volgens mnr. Zander Kotze, senior sake-ontwikkelingsbestuurder by Energy Partners Power, is die mark tans witwarm. Dié maatskappy verskaf hernubare stelsels aan kommersiële en industriële ondernemings, en het reeds meer as 120 MW geïnstalleer.

Kotze sê twee of drie jaar gelede het dit nog oortuiging geverg

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit