GEVAARLIKSTE STADIUM VAN DIE LEWERSLAKWURM SE ONTWIKKELING
Watter stadium van lewerslakwurms rig die grootste skade aan?
Om die vraag te beantwoord, is dit belangrik om die lewensiklus van die parasiet te verstaan. By herkouers kom twee soorte lewerslakwurms voor, naamlik die gewone lewerslak (Fasciola hepatica) en die reuselewerslakwurm (F. gigantica).
Die volwasse lewerslakwurms, wat tweeslagtig is, leef in die galbuise van die finale gasheer waar hulle eiers lê. Saam met die gal vloei die eiers