Huisgenoot

WAT NOU, PRINS VAN SKANDE?

SEDERT sy naam sinoniem met skande geraak het, sit die hertog van York sy dae om by die huis en kyk die een TV-reeks ná die ander. Die kans is dus goed dat hy al iewers die voorprent sou gesien het van ’n fliek met die bondige titel Prince Andrew: Banished.

Die dokumentêre rolprent deur die Amerikaanse netwerk NBC is in Oktober verlede jaar uitgereik, minder as ’n maand ná die dood van koningin Elizabeth II. In die fliek verwys een van die kenners met wie onderhoude gevoer word na Andrew as die “swakste varkie” van die Windsor-werpsel. Elders in dié rolprent van 80 minute word die een nare byvoeglike naamwoord ná die ander vir die prins gebruik. Hy word onder meer “pateties”, “narsisties”, “bedorwe”, “hoogheilig” en “ ’n idioot” genoem.

Daar word nie doekies omgedraai nie – die vervaardigers beskryf die dokkie as die storie van “hoe prins Andrew se skandale en sy vriendskap met die seksmisdadiger Jeffrey Epstein deur arrogansie en wellus byna die Britse monargie gesink het”. Dié haat vir koningin Elizabeth se tweede seun is ook oral in die regte wêreld te sien. Toe hy verlede jaar met die Royal Mile in Edinburgh agter sy ma se kis gestap het, het omstanders hom letterlik uitgejou. Dis duidelik enige simpatie wat iemand dalk nog-onderhoud drie jaar gelede uitgesaai is, het so te sê opgedroog.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related