Huisgenoot

JOU STERRE 2023

Die astroloog Yasmin Boland sê dis moeilik om te oordryf hoeveel verandering in 2023 op ons wag. Buiten die aantal verduisterings wat ons elke jaar beleef, lê daar volgens die sterrelandskap ander reuseveranderings voor. Die tasbaarste daarvan is dat Saturnus van teken verander en van die Waterdraer na die Vis beweeg. Saturnus is die teken van inperkings, karma en nuwe lesse; die Waterdraer is die teken van menslikheid. Nodeloos om te sê sal ons almal baie minder ingehok voel as in onlangse jare. Maar vir eers is daar ’n hele rits lewenslesse op pad.

Vuur

Grond

Lug

Water

RAM

21 MRT – 19 APR

’N JAAR VAN VERANDERING

Mik daarna om in 2023 elke dag iets “genesends” te doen om die beste gebruik te maak van jou jaar. Dit klink dalk ’n bietjie kwaai, maar dit is eintlik heel haalbaar. Soms is ’n lekker lang stort of ’n warm bad al wat jy nodig het om beter oor jouself te voel. En onthou jy kan soms wegneemkos bestel wanneer jy net nie lus het vir kook nie. Betoon vanjaar liefde aan jouself.

VERHOUDINGS: In 2023 kan jy die onverwagte in jou belangrikste verhoudings verwag, want op 20 April is daar ’n verduistering in jou teken en op 14 Oktober in jou liefdesone. Met ander woorde: Enigiets kan gebeur – en dit sal waarskynlik.

AVONTURE: As jy vanjaar kans kry om te reis, kan dit jou lewe verander op maniere wat jy nie gedink het meer moontlik is nie. As jy nie die kans kry om weg te gaan nie, is die beste avontuur wat jy kan aanpak in jou kop, met iets soos om meditasie te leer. Enige selfondersoek wat jy in 2023 doen, sal ekstra kragtig wees.

Jy behoort taamlike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related