Landbouweekblad

SA Boerperd – die alomspeler van perderasse

KORTOM

■ SA Stamboek se topperdestoetery van 2022 het in 2004 half terloops ontstaan toe ’n vriend oor die telefoon ’n merrie vir die huidige eienaar gekoop het.

■ Mnr. Jan Joubert se SA Boerperd-stoetery Rooigras dra ook sedert 2014 die kroon as beste stoetery op die telersgenootskap se jaarlikse skou.

■ Joubert teel nie vir die paviljoen nie, en meen die grootste aantrekkingskrag lê in dié diere se temperament, gehardheid en aanpasbaarheid.

LIGGING GAUTENG

INLIGTING

Plaasligging: Bronkhorstspruit

Naam: Rooigras

Jy moet wraggies lief wees vir perde as jy ’n perdestoetery wil bedryf. Vir geld kan jy dit nie doen nie. Daar is makliker maniere om geld te maak – koop eerder ’n Lotto-kaartjie. Só sê mnr. Jan Joubert spottend, maar met ’n tikkie erns.

Joubert is die eienaar van die SA Boerperd-stoetery Rooigras wat hy saam met sy vrou, Christelle, en dogters, Kristen (Basson) en Mia, op die plaas Rooigras by Bronkhorstspruit bedryf. Die Jouberts boer slegs met perde en ’n liefde vir dié diere is iets wat die hele gesin gemeen het.

“Dit is ’n groot deel van die gesprekke in ons gesin en dit is lekker vir ons as ouers om te sien hoe lief en trots die kinders vir die SA Boerperd en die stoetery is. Ek mors my geld met ’n glimlag op perde,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related