RUMBOLLETJIES
LEWER 12 / BEREIDING: 15 MIN. + SET / GAARMAAK: 5 MIN.
◗ 200 g donker-sjokolade (gekap)
◗ 80 ml (⅓ k) dubbeldik room
◗ 20 g botter
◗ 15 ml (1 e) rum
◗ 125 g (½ k) kakao
1 Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak.
2 Verhit die room en botter in ’n kastrol oor matige hitte tot dit begin borrel.
3 Giet die room-enbottermengsel oor die sjokolade.
4 Sit eenkant vir 2 min. en roer dan tot glad. Roer die rum in.
5 Bedek met kleefplastiek en verkoel oornag in die yskas tot ferm.
6 Skep gelyk eetlepels van die mengsel en rol in balletjies.
7 Strooi die kakao oor om te bedek en rangskik op ’n uitgevoerde oondpan sodat dit nie vassit nie. Verkoel in die yskas voor jy dit voorsit.
VRUGTEVERKULKOEK
GENOEG VIR 12 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. +