Landbouweekblad

Groot potensiaal vir uitvoer, maar produsente moet wyer én verder kyk

Groot potensiaal vir uitvoer, maar produsente moet wyer én verder kyk
Suid-Afrika kan nog heelwat onderbenutte handelsbedrywighede met die Europese Unie (EU) ontsluit, waarvan bokvleis veral ’n goudmyn inhou. Die potensiaal is veral groot in EU-lande met wie Suid-Afrika histories nie regstreeks handel dryf nie.

Covid-19, Brexit en ander wêreldgebeure het onlangs bygedra tot groot skuiwe in internasionale handelspatrone, waaruit Suid-Afrika verder kan munt slaan. Hierdie skuiwe, veranderinge en potensiële geleenthede het bygedra tot ’n studie wat deur die EU-SA Partners for Growth Programme gefinansier is en saam met die Suid-Afrikaanse regering, belanghebbendes in die private sektor en die EU gedoen is.

“Dit laat ’n mens dink aan die ou gesegde: Daar is ’n geluk by elke ongeluk,” sê dr. Martin Cameron, besturende direkteur van Trade Research Advisory, wat die navorsing onafhanklik uitgevoer het. “Die EU het ons gevra om die studie te doen en het daarvoor betaal. Ons moes ongewone geleenthede vir uitvoer na die EU identifiseer.”

Hy sê hierdie studie identifiseer en skep bewuswording van realistiese uitvoergeleenthede na die “minder opvallende” EU-27-vennote, afgesien

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh