Landbouweekblad

Gesoek: Nuwe markte vir SA se topprodukte

Namate plaaslike landbouproduksie verhoog, raak toegang tot meer uitvoermarkte ál hoe dringender omdat plaaslike markte beperkte vermoë het om die groter aanbod te verbruik. Nie net moet die houvas op sleutelmarkte soos die Europese Unie (EU) behou word nie, daar moet ook uitgebrei word na uitvoermarkte buite die tradisionele gebiede, sê Agbiz.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, sê hoewel boere hulle ook kwel oor gebrekkige infrastruktuur (onder meer paaie, spoorvervoer en hawens), toegang tot landboufinansiering en die vertrouensverhouding tussen die regering en die bedryf, was uitvoermarkte kort-kort ter sprake.

Hy sê Japan, China, Indië, Saoedi-Arabië, Bangladesj, Filippyne en Suid-Korea is van die lande waar Suid-Afrikaanse landbou-ondernemings groter marktoegang sal wil bewerkstellig. Die onlangse handelsversperrings deur die EU en China op sitrusvrugte en wol het Suid-Afrika se uitvoerbedrywighede geknel en die belangrikheid van ’n groter verskeidenheid markte benadruk.

Wat waarde betref, voer Suid-Afrika reeds sowat 52% van sy landbouprodukte uit. Hy is waarskynlik die enigste land in Afrika wat ’n netto uitvoerder van landbou- en kosprodukte is (sien GRAFIEK 1).

STRATEGIESE TEKORTKOMINGE

Dr. John Purchase, voormalige uitvoerende hoof van Agbiz, het dié kwessie onlangs op meer as een geleentheid opgehaal. Hy het op Agri Limpopo se kongres gesê dit is noodsaaklik dat die Suid-Afrikaanse landbou nuwe markte vir sy produkte kry en ontgin as die sektor wil aanhou groei. In dié opsig laat die regering en openbare

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit