Landbouweekblad

SÓ BEPAAL MARKKRAGTE REGVERDIGE HUUR VIR LANDBOUGROND

Grond is ’n uiters noodsaaklike produksiefaktor vir ’n boerdery. In Suid-Afrika beloop die waarde daarvan ongeveer 60% van die totale bates wat boere moet aanwend, en in Amerika word dit op meer as 80% geraam. Toegang tot landbougrond is dus van deurslaggewende belang vir huidige én voornemende boere se vermoë om voedsel en vesel te kan produseer.

Die eienaarskap van plase verwissel egter baie stadig, daarom is die beskikbaarheid van landbougrond uiters beperk. In Amerika kom slegs 2,3% van die totale landbougrond jaarliks op die ope mark beskikbaar. Selfs in Suid-Afrika verwissel ook net 2,6% van landbougrond hande deur middel van transaksies sonder bevoorregting. Grondeienaars hou dus vas aan wat hulle het en plase word eerder vererf as dat dit verkoop word.

Teen hierdie agtergrond is die beskikbaarheid van verhuurde landbougrond dus ’n belangrike opsie om tot die landbou toe te tree of om bestaande boerderye mee uit te brei.

’n Opname in Amerika het getoon dat 39% van ’n totaal van 368 miljoen ha landbougrond in dié land deur boere gehuur word. Daarvan word 8% deur boere uitverhuur wat nog self in produksie is, terwyl die ander 31% deur mense of entiteite uitverhuur word wat geen direkte belang by die landbou het nie. Ongeveer die helfte van hierdie grond word deur individue besit, terwyl die res eweredig verdeel kan word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit