Landbouweekblad

5 MITES ONTMASKER

Suid-Afrika het verder gevorder met grondhervorming as verwag, en skeefgetrekte syfers maak dit moeilik om die realiteit van grond en die landbou te verstaan. In 1994, toe Suid-Afrika ’n demokrasie geword het, het wit boere 77,58 miljoen ha landbougrond van die totale grondoppervlakte van 122 miljoen ha besit. Die nuwe regering het homself die teiken gestel om 30% van dié grond binne vyf jaar te herverdeel. Die teikendatum is al telkens verskuif en is nou 2030.

Daar word algemeen geglo dat 8-10% van grond al herverdeel is. Maar dit is verkeerd, soos hieronder bewys sal word, aangesien dit ’n paar sleutelstatistieke uitlaat.

Net 17-20% van die 77,58 miljoen ha is geskik vir oesgewasse, besproeiing en tuinbou. Meer as 55% van landbougrond is net geskik vir ekstensiewe beweiding (grond wat arm en droog is, maar waar diere

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit