Landbouweekblad

Aanpasbaarheid is die sleutel

Veeboere moet die goedkoop ruvoer in die vorm van gras wat hulle tot hul beskikking het, ten volle benut om produksiekoste te probeer beteuel omdat diesel, lek, kunsmis en arbeid só duur geword het. Dit was een van die boodskappe op ’n simposium van die Afrikaner-beestelersgenootskap op Thabazimbi.

Dr. Pieter de Kock, vorige voorsitter van die genootskap, het gesê daarby ry die ekonomie wipplank, die oorlog in Oekraïne laat sy merk, daar is politieke onstabiliteit en bek-en-klouseer maak seer.

Gesamentlik bemoeilik dit sake vir boere om graan aan beeste te voer omdat dit baie duur is, kruipvoeding vir kalwers te gee om die speengewig te verhoog, en aanvullings, soos voerkorrels en lekblokke, te verskaf.

Beesboere moet in hierdie toestande oorleef. Aanpasbaarheid is dus ononderhandelbaar.

De Kock het die volgende vrae gestel:

■ Hoekom kies die gemiddelde boer steeds eerder ’n speenkalf van 260 kg as twee kalwers van 210 kg wat aangepas is?

■ Hoe lank nog gaan individuele prestasie per dier belangriker as wins per hektaar wees?

■ Wanneer gaan veldverbetering meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit