Landbouweekblad

Net hoër opbrengs sal grondboonbedryf red

Die plaaslike grondboonbedryf is te klein vir elke betrokkene om op sy eie te probeer werk. Almal moet saam dink en saam gesels. Een van die belangrikste redes vir die bedryf se swak prestasie is die gebreekte waardeketting, het me. Adri Botha (regs), voorsitter van die SA Grondboonforum, op ’n simposium van die SA Grondboonforum op Potchefstroom gesê.

Die plaaslike en wêreldekonomie wankel en die grondboonbedryf word nie gespaar nie. Almal – van produsente en verwerkers tot kopers en verkopers – het ’n mindere of meerdere mate van onsekerheid en verwarring oor wat die toekoms inhou en hoe elkeen hom so goed moontlik kan staal.

“Die beste wat ons kan doen, is om na die feite te kyk, uit die verlede te leer en vorentoe te kyk, terwyl ons wag en hoop dat die wêreld homself regruk.

“Dit is nou belangriker as vantevore dat almal in die grondboonsektor in dieselfde rigting dink, praat en doen.”

PRODUKSIE EN HANDEL

Internasionale grondboonproduksie het die afgelope dekade toegeneem. In 2020-’21 is bykans 50 miljoen ton grondbone geoes. Die 2021-’22-oes behoort net 2% minder te wees, maar steeds 35% meer as in 2012-’13. Die gemiddelde groei van 2012-’13 tot 2021-’22 was 1,3 miljoen ton per jaar.

Met sy onlangse oes van 18,2 miljoen ton lei China wêreldproduksie met ’n markaandeel van 36%, gevolg deur Indië met 6,8 miljoen ton

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad5 min read
Só Kan Boere Tot Die Wetenskap Bydra
Dit is asof die wêreld nou eers besef hoe belangrik boere se waarnemings van die natuur vir die hele aarde se biodiversiteitbalans is, en wetenskaplikes druk skaamteloos op die landbousektor se knoppie vir hulp. Die nasionale verslag oor die status e
Landbouweekblad3 min read
Wetsontwerp Oor Klimaat Amper Op Wetboek
DIE wetsontwerp sal binnekort wet word wanneer pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken. “Klimaatsverandering is hier om te bly en ons het betreklik min tyd om daarop te reageer. Die wetsontwerp bemagtig ons om op die gepaste skaal en teen die regte spoe