Besin goed oor kultivars en behandeling
V andat die boer ’n mieliepit in die grond plant, is dit aan patogene organismes blootgestel wat gereed is om die plant aan te val. Daarom moet hy alles tot sy beskikking gebruik om siektes en plae doeltreffend te bekamp.
As die boer nie aandag aan siektes en plae gee nie, sal sy oeste kleiner wees. Weens hoë insetkoste sal dit nie wys wees nie.
Mnr. Gerhard Engebrecht, landboukundige van Pannar, het op dié saadmaatskappy se jaarlikse extravaganza op Delmas gesê saadbehandeling is ’n doeltreffende manier om veral swamsiektes en skadelike insekte te bekamp. Die middels bestaan uit swamdoders, insekdoders, biologiese produkte, aalwurmmiddels en bymiddels.
Swamdoders is beskikbaar vir verdwynsiekte, Fusarium-kompleks
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days