Landbouweekblad

POEIERAGTIGE MEELDOU BY KLEINGRAAN Vroeë aksie lei tot suksesvolle bestuur

Kleingraansiektes veroorsaak aansienlike verliese in graanopbrengs en gehalte. Dié siektes word in Suid-Afrika hoofsaaklik bekamp deur die toediening van swamdoders. Die eerste swamdodertoedienings word rondom die vier- tot seweblaarstadiums gemaak (na gelang van die siektes wat bekamp word).

Die meeste kleingraanproduksiestelsels in Suid-Afrika het in die afgelope tien jaar verskuif na bewaringsboerderystelsels. In sulke stelsels word die stoppels en plantreste van die vorige gewas op die lande behou, en die opvolgende jaar se gewas word binne-in die plantreste geplant. Dié praktyk bevorder die behoud van grondvog, is voordelig vir grondstruktuur en ook vir grondgesondheid.

Plantreste is egter ook ’n substraat vir die oorlewing van die organismes wat kleingraansiektes veroorsaak.

Die streekwye inokulumdruk van siektes wat in die stoppel gedra word, het in onlangse jare aansienlik toegeneem.

Die swam wat poeieragtige meeldou in koring (Blumeria graminis f. sp. tritici) en gars (Blumeria graminis f. sp. hordei) veroorsaak, oorleef as ’n hife (swamliggaam), of in vrugliggame in die kleingraanstoppel.

In die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.