Landbouweekblad

Aalwurms by sojabone raak al hoe erger

Sojabone met sy hoë proteïeninhoud help baie om voedselsekerheid in Afrika suid van die Sahara te verbeter, maar met die uitbreiding in sojaboonproduksie neem die risiko terselfdertyd toe dat hierdie waardevolle gewas toenemend aan siektes en plae blootgestel word. Hieronder tel veral plantparasitiese aalwurms, soos Meloidogyne en Pratylenchus spp., verskeie insekte wat op die plante se stamme voed, asook ’n reeks patogeniese bakteriese en swamsiektes, soos roesswamsiektes.

Kommer daaroor het mnr. Gerhard Engelbrecht, ’n heeltydse PhD-student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, laat besluit om een van die hoofstukke van sy proefskrif aan dié onderwerp te wy, met finansiering van die Mielietrust.

Sy verhandeling handel hoofsaaklik oor die identifisering van die plantparasitiese aalwurmbevolkings by sojabone in Mpumalanga, asook die identifikasie van inheemse bakterieë en swamme wat vir biologiese bekamping gebruik kan word.

Alles dui daarop dat daar teen 2050 300% meer kos as in 2000 in Afrika suid van die Sahara sal nodig wees. Sojabone is een van die belangrikste peulgewasse ter wêreld om proteïen vir menslike en dieregebruik te verskaf. Die saad bevat sowat 18% olie en 38% proteïen.

Soja-opbrengste is aansienlik hoër in lande soos Argentinië, Brasilië, Paraguay, Amerika en China as in Suid-Afrika en ander lande suid van die Sahara. Amerika en Brasilië was die afgelope jare die grootste produserende lande met ’n oes van onderskeidelik 120 miljoen ton en 117 miljoen ton in 2018-’19.

In Afrika suid van die Sahara

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter