Landbouweekblad

5 faktore vir beter grondgesondheid

Herlewingslandbou

Reg oor die wêreld bevat een kubieke meter gesonde bogrond ’n verbysterende hoeveelheid en verskeidenheid organismes. Aangesien dié spesies dikwels klein – selfs mikroskopies “groot” – is, is die feit dat hulle gesamentlik gemiddeld 1,5 kg in elke kubieke meter bogrond weeg, selfs meer verstommend.

Van gemiddeld 100 biljoen bakterieë tot 100 erdwurms per dié volume grond, speel hierdie organismes elkeen ’n uiters belangrike rol om optimale gewasgesondheid, produktiwiteit, opbrengs en winsgewendheid te verseker.

“Bakterieë, swamme, alge en aalwurms is van die grondmikrobes wat regstreeks of onregstreeks verantwoordelik is om 85% tot 90% van ’n plant se voedingsbehoeftes te voorsien,” sê Dawie du Plessis, nasionale bemarkingsbestuurder van Agricol.

“As grondtoestande toegelaat word om te versleg, word grondmikrobes en plante se vermoë om toegang tot voedingstowwe te kry, onderdruk. Om die waarheid te sê, swak en ongunstige grondtoestande kan daartoe lei dat tot 70% van die grondmikrobes wat andersins voordelig vir ’n boer se oeste sou wees, in onproduktiewe dormansie gaan.”

Dormante grondmikrobes veroorsaak dat boere nie optimaal voordeel kan trek uit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding