Huisgenoot

TALIEP SE PAD MET NAJWA

“DAMES en here, kom ons maak ’n groot geraas en verwelkom Meneer Taliep Petersen!”

Die kitare maak keel skoon en speel die eerste note van Elvis se “Can’t Help Falling in Love”.

En skielik is Taliep daar. Met ’n breë glimlag en die soepel stem van ’n veel jonger man sing hy: Wise men say, only fools rush in. But I can’t help falling in love with you.

Ek kuier by die huis van die baskitaarspeler Howard Links en sy vrou, Patricia, in Bonteheuwel, Kaapstad. Hulle speel vir my ’n opname van dié konsert wat in die bekende Luxurama-teater in Wynberg gehou is.

Howard se beste raaiskoot is dat dit so rondom 1987 was. Hy was so gereeld saam met Taliep op die verhoog dat hy nie lekker kan onthou nie.

Maar vir my klink dit nie reg nie – dis veels te vroeg.

Die video wat hulle my gewys het, is van ’n liefdadigheidskonsert wat vir ’n familielid van Najwa Dirk gehou is. Teen die einde van die vertoning – waar Taliep Frank Sinatra se “My Way”, Nat King Cole se “Mona Lisa” en ’n handvol ghoemaliedjies gesing het – roep hy Najwa verhoog toe om aan haar ’n tjek te oorhandig.

“Ons is die enigste ouens wat vir hulle die R25 000 kon insamel,” sê Howard. “Ons het daardie Luxurama volgepak.”

En enigiemand wat al van Taliep Petersen gehoor het, sal weet wie Najwa Dirk is: Sy sou later sy tweede vrou word – en die baasbrein agter sy moord.

Nes ons uit die kamer uitstap, tel my diktafoon een laaste grepie van die konsert op. Taliep sing: And now the end is near, and so I face the final curtain.

As Najwa tóé

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related