Huisgenoot

Kook met LIEFDE

t – teelepel/s e–eetlepel/s k – koppie/s

GARNAAL-en-PASTAGEBAK

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 35 MIN.

◗ 500 g orzo (pastarys)
◗ 45 ml (3 e) olyfolie
◗ 1 knoffelhuisie, in dun skywe gesny
◗ 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
◗ 125 ml (½ k) gekapte stingeluie
◗ 2 rooi brandrissies, saad verwyder en in dun skywe gesny
◗ 700 g heel garnale, afgedop
◗ 1-2 wiele fetakaas, gekrummel
◗ 125 ml (½ k) fyngekapte basilieblare
◗ 30 ml (2 e) suurlemoensap sout en swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Maak die orzo gaar volgens die aanwysings op die verpakking.

2 Verhit die olie in ’n groot oondvaste pan terwyl die pasta kook. Roerbraai die knoffel 1-2 min. tot sag. Verwyder die pan van die hitte.

3 Dreineer die gaar pasta en voeg dit saam met die tamaties, stingeluie en brandrissies in die pan. Roer liggies tot gemeng.

Pak die garnale in lae op die pasta. Strooi die feta en die meeste van die basilie oor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related