Landbouweekblad

Só gaan arbeidskwotas die landbou raak

Nuwe wetgewing wat in die vooruitsig gestel word, kan indiensneming in die landbousektor vorentoe erg ontwrig. Dit sal veral die arbeidsintensiewe tuinboubedrywe wat heelwat buitelandse valuta vir die land verdien, raak omdat hulle sedert 1994 toenemend op seisoenale buitelandse werkers begin steun het.

Op ’n onlangse webinaar van die Noordwes-Universiteit het mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sy kommer uitgespreek oor die konsepdokument oor ’n nasionale arbeidsmigrasiebeleid wat mnr. Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, vroeër vanjaar vir kommentaar uitgereik het.

Die konsepbeleid is binne die breër konteks van Suid-Afrika se uiters problematiese arbeidslandskap opgestel en het ten doel om arbeidsmigrasie na en van Suid-Afrika te reguleer.

Dit maak onder meer voorsiening vir die instel van kwotas om voor te skryf hoeveel gedokumenteerde buitelandse burgers met werksvisums in van Suid-Afrika se vernaamste ekonomiese sektore, waaronder die landbou, gasvryheidsbedryf, toerisme en boubedryf, mag werk.

DIE LANDBOU AS WERKVERSKAFFER

In die eerste kwartaal vanjaar het die primêre

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit