Landbouweekblad

Nuwe immigrasieplanne kan landbou-arbeid ontwrig

DIE regering kan nie met sekerheid bepaal hoeveel onwettige immigrante in Suid-Afrika is nie. Hierdie erkenning deur dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het sy bekendstelling verlede maand van die nuwe konsep-witskrif op burgerskap, immigrasie en die beskerming van vlugtelinge oorheers. Hy het wel gesê 15 000 tot 20 000 onwettige immigrante word jaarliks gedeporteer.

Die witskrif stel onder meer groter magte vir ministers voor en strenger voorwaardes vir buitelanders en asielsoekers om verblyfreg en burgerskap te kry. Hervormings aan die bestaande immigrasiebestel is egter noodsaaklik om kwessies soos swak grensbeheer, oorgrensmisdaad en smokkelary hok te slaan. Dit kan egter ook verreikende gevolge vir veral arbeidsintensiewe landboubedrywe inhou.

Theo Venter, politieke ontleder, wys daarop dat buitelanders ’n integrale deel van die landbou-arbeid in die grensgebiede van Limpopo, Mosambiek en Lesotho is.

“Dan is daar ook gebiede soos De Doorns en ander areas waar buitelanders deel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit