Landbouweekblad

Waterskeidingsaak vir boerderye

In Mei vanjaar het die Pretoriase hooggeregshof ’n uitspraak gelewer dat ’n deel van die Wet op Egskeiding (Wet 70 van 1979) ongrondwetlik is (Grey-ling vs. minister van binnelandse sake en andere). Hierdie hofsaak kan groot veranderinge teweegbring vir hoe egskeidings in die toekoms hanteer kan word wanneer ’n boer skei, selfs indien die boer buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud was.

Die posisie voor hierdie hofsaak, ingevolge artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding, maak voorsiening daarvoor dat die hof ’n diskresie het waar ’n huwelik buite gemeenskap van goedere gesluit is vóór 1 November 1984, om ’n herverdelingsbevel uit te reik wat kan beveel dat geld of bates na een van die gades in die huwelik oorgedra moet word in die geval van ’n egskeiding. Die hof het dus nie voor hierdie hofsaak die diskresie gehad om sodanige herverdelingsbevel uit te reik indien die huwelik ná 1 November 1984 gesluit is nie.

Twee hoofhuweliksgoederebedelings het in Suid-Afrika bestaan voor die inwerkingtreding

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding