Landbouweekblad

Bestuur dinamiese weiveld reg

Plantegroei is dinamies omdat dit voortdurend verander. Dit is egter belangrik om veldherstel haarfyn te bestuur en te benader omdat veld so gevoelig is. Dit kan verander as dit voortdurend wanbestuur word.

André Marcel Voisin (7 Januarie 1903-21 Desember 1964) was ’n Franse biochemikus, boer en skrywer wat veral bekend is om die ontwikkeling van die teorie van rasionele weiding (ook bekend as Voisinisme, Voisin-weiding of rasionele intensiewe weiding).

Hy het by geleentheid gesê: “As ek jou kan help om weiveld beter te verstaan, is ek nie bekommerd oor wat jy aan die weiveld gaan doen nie, ek is eerder opgewonde oor wat die weiveld vir jou gaan doen.”

As ’n veldboer hierdie konsep dat weiveld se plantegroei dinamies is, beter verstaan, sal Voisin se uitlating waar word.

Een van die modelle om weiveld se dinamiese geaardheid beter te verstaan, is die sogenoemde beker-en-bal-model (sien

SKETS

). Die weiveld se toestand word as ’n beker voorgestel. In die beker is daar ’n bal wat die spesifieke veldtoestand se plantegroeisamestelling voorstel. Hierdie bal (plantegroei en grond) is hoogs veranderlik of dinamies en kan rondbeweeg wanneer dit versteur word.

In die skets is daar ’n groen bal in die beker links

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit