Landbouweekblad

Verbeter veld radikaal, span vuur in en doeltreffende rus

Weiveld het die vermoë om self te herstel nadat dit versteur is. Dit bied ook weerstand teen verandering en sal in ’n wye reeks bestuurstoestande volhoubaar en gesond bly.

In die eerste artikel in dié reeks van twee is gekyk na gereedskapstukke wat binne ’n raamwerk van beweiding, veldtipe, veesoortkombinasie en produksiestelsel gebruik kan word om die beste stelsel vir jou plaas te ontwerp. (Sien bit.ly/3BI1rwb op Landbou.com.)

In hierdie artikel kom radikale veldverbeteringsmetodes, die gebruik van veldbrande en rus aan die beurt.

5 RADIKALE VELDVERBETERING

Dit is dikwels nie moontlik om historiese skade aan die veld met weidingspraktyke alleen te herstel nie, en dan noodsaak dit radikale ingryping.

HERSTEL VAN KAAL KOLLE

Die bogrond van hierdie kaal dele is deur wind- en watererosie verwyder, wat die klipharde ondergrond met lae waterindringing blootlê. Die grond is droog gelaat met min veilige plekke waar saailinge kan vestig om die grondbedekking te verbeter. Die eerste stap in die rehabilitasieproses is om die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit