Landbouweekblad

Bewaringslandbou só gemaak werk

Plaaslike studies wys dat tot 75% van die koolstof in akkerbougrond vernietig is deur meer as 50 jaar se bewerkingspraktyke.

Hierdie koolstof sit boonop nou in die atmosfeer waar dit tot klimaatsverandering bydra.

Dit beteken dat die meeste graanprodusente op swak grond boer, wat produktiwiteit toenemend beperk. Om met enige boerdery vol te hou, gaan dit nodig wees om die grond te restoureer en te beskerm.

Die nuutste verslag van die Verenigde Nasies oor biodiversiteit wys dat 1 miljoen spesies (onder meer 40% van insekte) die gevaar loop om binne die volgende paar dekades uit te sterf. Selfs nog meer inheemse plantspesies word bedreig.

Landboupraktyke is baie afhanklik van die voortbestaan van hierdie plant- en dierespesies, maar het tans in die algemeen ’n baie ongunstige impak daarop.

Die goeie nuus is dat die landbou baie kan doen om sy koolstofspoor te verklein, asook om deur klimaatslim landboupraktyke by die ergste klimaatstoestande aan te pas.

Die eerste is om kweekhuisgasse te verminder,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.