Landbouweekblad

KIRKWOOD-ONLUSTE ’n Spieëlbeeld van Suid-Afrika?

Skaars vier jaar nadat die Sondagsriviervallei in 2018 lamgelê is deur gewelddadige betogings oor lone, ontvou nog vernietigende betogings wat sitrusboere weer duur te staan kom. Teen druktyd is beraam dat die skade aan infrastruktuur weens die oproer in die Sondagsriviervallei R70 miljoen beloop en dat R100 miljoen se sitrus vernietig is. Daarby is pak- en plukbedrywighede aan die begin van die seisoen meer as twee weke tot stilstand gedwing.

Volgens mnr. André Vlok (REGS), ’n spesialiskonsultant oor konfliksituasies, handel die dispuut vanuit ’n oppervlakkige oogpunt oor twee hoofpunte, naamlik ’n verhoging van R23 per uur tot R30 per uur vir sekere werkers, en die aanstelling van “ongedokumenteerde” buitelanders. Hy sê binne dié oorvereenvoudiging is daar onderafdelings met verskillende groepe en subgroepe wat kleiner bedrae per uur en kwotas vir immigrante aanvra.

“As ’n mens dieper kyk, sien jy ander faktore wat klassieke gevaarligte in konflikbestuur is, openlike ongelykheid in inkomste en lewenstyl, generasiekonflik wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related