Huisgenoot

20 TOPTRENDS Mode & Skoonheid WINTER 2022

TREND 1 WINTERWIT

Wees waaghalsig en kies die grootste neiging van die seisoen: winterwit. Monochroom van kop tot tone hoef nie vervelig te wees nie. Dit gaan alles oor lae. Speel met teksture en skakerings om jou uitrusting volume te gee.

WENK

Meng die witwarm stukke met ander trends – soos pofferige en donsige items en hempbaadjies – vir ’n modieuse voorkoms.

DRA DIT SO

Dra hierdie neiging in romerige melkkleur en kraakwit vir ’n treffende wintervoorkoms geskik vir ’n stylkoningin.

TREND 2 OPGEPOF

Die poftrend heers weer dié winter. Van snoesige pofbaadjies met klassieke en modieuse afwerking tot opgestopte bykomstighede en skoene – als wat pof, is hierdie seisoen ’n treffer.

WENK

Skep dié winter lae met dimensie. As jy graag ’n bietjie vel wys, maak seker die lae is strategies vir genoeg warmte in die koue.

DRA DIT SO

Moulose poftops is ’n lekker straatstylstelling vir die winter. Beproef dit in verskillende kleure en maak dit jou uitrusting se uitstaanstuk. Stileer dit met ’n rolnektop, winterjas en tekkies om ’n onderbeklemtoonde voorkoms moeiteloos en op ’n cool manier woema te gee.

TREND 3 OORGROOT SERP

Geen winteruitrusting is afgerond sonder ’n bonkige serp nie. Wikkel jou warm toe met ’n knus oorgroot gebreide serp – dit is sjiek en ideaal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related