Rooi Rose

mode & skoonheid

1 Beige

Die skakerings van hawermout, beskuit en naaswit is van die kleure waaruit jy in die beige-spektrum kan kies. Beige is een van die sjiekste kleure en skep dadelik ’n gesofistikeerde voorkoms. Belê in snyersitems wat by verskeie uitrustings pas, of dra dit laag op laag in verskillende skakerings. Ons hou van die veelsydigheid van die beige-familie omdat dit ook ’n neutrale basis vir helder en neonkleure is.

‘Hierdie reeks verteenwoordig ons strewe na ’n multifunksionele uitrusting - items wat deur die jaar gedra word, maar wat terselfdertyd by die seisoenale modes inpas’
– Margot M

MARGOT MOLYNEUX SE NOVA-REEKS HET STEEDS ’N KLASSIEKE GEVOEL EN FOKUS OP VORM, TEKSTUUR, AFRONDING EN NATUURLIKE MATERIALE. DIE NEUTRALE KLEURPALET VAN BEIGE, GEEL, BLOSPIENK EN OLYFGROEN DRA TOT DIE OMGEWINGSVRIENDELIKE VOORKOMS BY.

2 Glansend

Dis met goeie rede dat die natuurlike, glansende voorkoms elke somer ’n staatmaker-grimeervoorkoms is. Dit lyk jeugdig en vars en pas by alle ouderdomme. Die nuwe soort onderlae maak minder “toe” sodat die natuurlike veltoon steeds sigbaar is. Verdoesel merkies of kringe onder die oë met verbloemer en gebruik die nuwe, natuurlike onderlaag net om jou vel eweredig en glansend te laat lyk.

ONSIGBARE ONDERLAAG Hierdie voorkoms is met CHANEL LES BEIGES WATER FRESH-TINT (R1 110) geskep. Die onderlaag het ’n baie fyn tekstuur wat dit laat lyk asof jy nie onderlaag dra nie. Die waterformule bevat mikrodruppeltjies kleur en olie wat oopbars sodra jy dit met die kwassie (ingesluit) aanwend. Die tekstuur voel vars en jellierig en ruik ook heerlik. Die skakerings van LES BEIGES EYESHADOW PALETTE (R1 075) is op die oë gebruik en die LES BEIGES HEALTH GLOW LIP BALM INTENSE (R645) op die lippe.

Model Chloe se voorkoms is met PHYSICIANS FORMULA SPF20 HEALTHY FOUNDATION geskep. Die onderlaag bevat Chinese wu-zhu-yu-ekstrak, wat jou vel verhelder, hialuroonsuur wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee