Huisgenoot

Mode& Skoonheid SOMER 2022

1 TREND

Dopamien-inspuiting

Gee jou bui – en styl – ’n dopamien-inspuiting met helder, kleurvolle items. Dink aan prettige skakerings, logo’s en patrone wat ’n euforiese reaksie ontlok. Jy kan die trend baasraak in helderkleurige patroontoppies by broeke in ’n soliede kleur.

2 TREND

Sjiek serpies

Helderkleurige serpe is perfek vir die somer. Dié veelsydige bykomstigheid sorg vir ’n tikkie sjiek by jou voorkoms en kan op verskeie kreatiewe maniere as hoofbedekking gedra word. Gebruik jou serp op ’n prettige manier om dimensie en ’n mooi boheemse afronding aan jou uitrusting te gee.

3 TREND

Halterhals

Die halterhals-trend is terug met mening op straat en die loopplank. Wys ’n bietjie lyf in halterhalstoppies en -rokke. Kies ’n rok met treffende patrone en dra dit saam met plat sandale of hakskoene.

WENK

Koel patrone in helder kleure sorg vir ’n dopamieninspuiting in ’n kits.

4 TREND

Platform-perfek

Helder kleure was gewild op die loopplank en het na skoene oorgespoel. Gee jou uitrusting ’n spatsel kleur met platformskoene in prettige skakerings soos groen, pienk en suurlemoengeel. Van aanglipsandale tot platformsandale en tekkies, dra dié treffende trappers by ’n halterhalstop en hoëmiddeljeans en ’n helderkleurige handsak.

WENK

Dis alles in die detail. Subtiele patrone en teksture gee dimensie.

5 TREND

Somerpakkies

Lyk somergereed in helder geel, rooi, groen of pienk pakkies. Kies materiaal wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi
Huisgenoot2 min read
Die Sangeres Nana Mouskouri
TOE die Tweede Wêreldoorlog se bomme in 1941 op Athene begin val, het ’n sewejarige kind begin sing. En aangehou sing, selfs tydens die Duitse besetting toe mense in die strate tereggestel is en haar gesin paddas en slakke moes eet om te oorleef. “Ek
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers