IN DIE MODE
GLANSRYKE GOTH
Die gothvoorkoms, maar hierdie keer ’n bietjie meer glansryk, het danksy die Netflix-trefferreeks Wednesday die skoonheidsfeer getref. Of dit nou punk-nostalgie of vamp-agtige glans uitstraal – dink aan swaar en donker gegrimeerde oë met ’n gepoetste vel en natuurlike lippe vir ’n sjiek maar rock ’n’ roll-voorkoms – dit het die loopplanke vanjaar oorheers. Rokerige ooggrimering, netjiese wenkbroue en kersiekleurige lippe wat blink, is die perfekte punk-voorkoms.
KRY DIE VOORKOMS
◼ Begin met ’n basis-onderlaag.
◼ Gebruik ’n neutrale kleur om hol kontoere om die wange te skep vir daardie ietwat ingesonke voorkoms.
◼ Gebruik ’n swart oogomlyner, skakeer dit uitwaarts met jou vinger en rond af met ’n paar lae maskara.
◼ Donkerpruim en pers skakerings is die wagwoord vir die lippe. Wend een laag aan die bo-of onderlip aan, pers dit saam en