SARIE KOS

E-pos uit BASSIN D’ARCACHON, FRANKRYK

In die somer gaan smul ons by vriende se oesters cabane aan wat hulle dieselfde oggend nog uitgetrek het

Hoe lank bly jy al in Frankryk?

Ek het elf jaar terug agter my hart aan hierheen verhuis. My man, Chappy van Vliet, was ’n professionele rugbyspeler en so trek ons toe vir jare van veld na veld en klub na klub. Enige rugbyspelersvrou sal vir jou kan sê dis ’n twee-tas-bestaan. Ons (en ons twee katte, Croissant en Taxi) het tien jaar gelede in die Bassin d’Arcachon kom woon. Dis waar Chap uiteindelik sy tokse opgehang het en hier lê my gehekelde kombers en Afrikaanse resepteboeke steeds. Chappy het ’n verfbesigheid en my werk is oor die waters (en die internet) in Suid-Afrika.

Watter werk doen jy?

Ek werk in liefde, mode en Afrikaanse reklame. Ek en ’n vennoot, Dewald van Zyl, wat in Kaapstad woon, het saam ’n bemarkingsagentskap genaamd Dit&Dat Ontwerp. Ons “kuberwerk” al die afgelope vyftien jaar oor die waters. Ons is ook deel van die bende eienaars agter die Afrikaanse maatsoek-app Koer. Ek, Chappy en vennote versprei ook ’n Franse onderklere-handelsmerk vir mans, Pullin, in Suid-Afrika. Ek besef ek staan met die wit-baguette onder die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS7 min read
SAMPIOEN-KAMPIOEN Apteek In Die Kleine
● Sampioene, gesond en lekker● In quiche met net vyf ander bestanddele● Nuwe manier vir aartappelgebak Ötzi, die ysman wat sowat 5 300 jaar gelede geleef het, het ’n sampioen saam met hom na sy ysgraf geneem – ’n hulpmiddel om in Noord-Italië se Alp
SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou

Related Books & Audiobooks