![f0130-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5m2xh2r3lsalel4o/images/file8XK1HOL4.jpg)
![f0131-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5m2xh2r3lsalel4o/images/fileEMOLT8JK.jpg)
Die Franse koning het hulp gehad om die nederige aartappel se aansien te verbeter. Die redder was ene Antoine Augustin Parmentier (1737-1813), ’n apteker in die Franse weermag. Hy is gedurende die Sewejaaroorlog gevange geneem in Pruise, waar hy toe drie jaar lank op aartappels oorleef het. Ná die oorlog het hy dit sy lewenstaak gemaak om die agterdogtige Franse te oortuig van die waarde van aartappels.