Landbouweekblad

BEWERKINGSDIEPTE OP SANDGROND Hoe diep is diep genoeg?

Deurlopende proewe in een van Suid-Afrika se belangrikste mielieproduserende streke, die oorsprong van sowat ’n vyfde van die land se mielies, bied al hoe meer antwoorde oor optimale dieptebewerking vir die hoogste opbrengs en beste dieselverbruik. ’n Belangrike nuwe vraagstuk is afwisselende bewerkings in geenbewerkingsomstandighede.

Die sandgrond van die Noordwes-Vrystaat het besondere eienskappe. Eerstens is die klei-inhoud van die boonste gedeelte van die profiel onder 10%, en naby die oppervlak is dit soms laer as 5%.

Deeltjie-groottegewys bestaan die sand hoofsaaklik uit medium- en fynsand. In die afwesigheid van genoeg klei om deeltjies te bind, is die grond besonder kwesbaar vir winderosie en verdigting.

Die verdigting ontstaan gewoonlik op 25 cm of dieper en dit kan die groei van gewasse se wortels ernstig beperk. Sodra die wortelgroei deur verdigting beperk word, kan dieperliggende grondwater en veral die tydelike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit