Landbouweekblad

Boer ál beter op SA se watertafelsandgrond

Die wydverspreide en uitermate nat toestande van Desember tot Februarie was ’n seën én ’n verwensing vir baie Suid-Afrikaanse boere. ’n Seën enersyds, want reën in hul waterskaars lande moet nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie. Andersyds ’n verwensing omdat te veel vog in ’n kort tyd nie net skade aan grond en gewasse kan veroorsaak nie, maar ook sommige bewerkbare grond besonder moeilik maak om te bestuur.

Die nat weer is egter nie noodwendig hier om te bly nie. Dit gaan in die toekoms weer droog word, nie net gedurende die wintermaande nie, maar ook gedurende die sikliese droogtejare. Dit kan, soos die onlangse geskiedenis getuig, boere en hul landgenote op hul knieë dwing.

Mnr. Danie Minnaar is ’n saaiboer op die plaas Springboklaagte naby Kroonstad in die Wes-Vrystaat en ook voorsitter van sy streek se sandgrond-ontwikkelingskomitee (SOK). Hierdie komitee bestaan uit boere in dié groot streek wat gekenmerk word deur vlak (van 1,2-1,8 m diep), sanderige grond met ’n vol tot oorversadigde watertafel. Met finansiering van die Mielietrust het die SOK twee onafhanklike navorsers, drs. André Nel en Danie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding